Dadra en Nagar Haveli en Daman en Diu

Kaart van Dadra en Nagar Haveli en Daman en Diu in Indië.

Dadra en Nagar Haveli en Daman en Diu is 'n uniegebied in Indië.[1][2] Die gebied is gevorm deur die samesmelting van die voormalige gebiede Dadra en Nagar Haveli en Daman en Diu. Planne vir die voorgestelde samesmelting is in Julie 2019 deur die regering van Indië aangekondig; die nodige wetgewing is in Desember 2019 deur die parlement van Indië aanvaar en het op 26 Januarie 2020 in werking getree.[3][4] Die gebied bestaan uit vier afsonderlike geografiese entiteite: Dadra, Nagar Haveli, Daman en die eiland Diu. Al vier gebiede was voorheen deel van Portugees Indië, met 'n gesamentlike hoofstad in Panjim, Goa. Hulle het in die middel van die 20ste eeu onder Indiese heerskappy gekom ná die anneksasie van Goa. Dit is gesamentlik as Goa, Daman en Diu geadministreer tot 1987, toe Goa staatstatus gekry het ná die Konkani-taalagitasie. Die huidige hoofstad is Daman en Silvassa is die grootste stad.

  1. Dutta, Amrita Nayak (10 Julie 2019). "There will be one UT less as Modi govt plans to merge Dadra & Nagar Haveli and Daman & Diu". Besoek op 31 Januarie 2020.
  2. "Data" (PDF). egazette.nic.in. Besoek op 9 Junie 2020.
  3. "Govt plans to merge 2 UTs -- Daman and Diu, Dadra and Nagar Haveli".
  4. "Data" (PDF). 164.100.47.4. Besoek op 9 Junie 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search