Dalmaties

Dalmaties
Gepraat in: Vlag van Kroasië Kroasië
Vlag van Montenegro Montenegro 
Gebied: Dalmasië
Totale sprekers: uitgesterf
Taalfamilie: Indo-Europees
 Italies
  Romaans
   Wes-Romaans
    Italoromaans
     Dalmaties 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: -
ISO 639-2: -
ISO 639-3: dlm 
Die Dalmatiese taalgebied in die laat Middeleeue

Dalmaties was 'n Romaanse taal wat aan die ooskus van die Adriatiese See in Kroasië en, op sy hoogtepunt, ook in Montenegro gepraat is. Die taal het in die 19de eeu uitgesterf. Die laaste plek waar die taal gehoor is, is 'n eiland Krk (Veglia in Italiaans, Vikla in Dalmaties); die laaste spreker was Tuone Udaina, wat op 10 Junie 1898 dood is toe hy op 'n landmyn trap. 'n Jaar te vore het die Italiaanse geleerde Matteo Giulio Bartoli hom besoek en alle moontlike inligting oor die taal ingewin vir die skryf van 'n boek oor die onderwerp. Bartoli het duisende woorde stories en lewensgegewe met Italiaanse vertalings opgeskryf. Dit is in 'n boek gepubliseer met baie inligting oor woordeskat, fonologie en taalkunde van die taal. Hy skryf in Italiaans en publiseer in 1906 'n Duitse vertaling onder die titel Das Dalmatische. Die Italiaanse manuskripte het egter verlore geraak, en die werk is eers in 2001 in Italiaans hervertaal.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search