Darwin

Darwin
Darwin, met die Cullenbaai-jaghawe in die voorgrond
Darwin, met die Cullenbaai-jaghawe in die voorgrond
Darwin, met die Cullenbaai-jaghawe in die voorgrond
Wapen van Darwin
Wapen
Leuse: Progrediamur
("Laat ons vorentoe gaan")
Darwin se ligging in Australië
Darwin se ligging in Australië
Darwin se ligging in Australië
Land Australië
Gebied Noordelike Gebied
Distrik Palmerston County
Gevestig 1869
Regering
 - Burgemeester Graeme Sawyer
Oppervlakte
 - Totaal 112,01 km² (43,2 myl²)
Bevolking (2006)
 - Totaal 120 900
 - Digtheid 926/km² (2 398,3/myl²)
Tydsone Australiese Sentraal Standaardtyd (UTG+9:30)
Webwerf: www.darcity.nt.gov.au

Darwin is die hoofstad en grootste stad van die Noordelike Gebied (Northern Territory) van Australië. Dit is aan die Timorsee geleë en het 'n bevolking van 120 900, wat dit by verre die stad met die grootste bevolking in die ylbevolkte Noordelike Gebied maak, maar ook die ylbevolkste van Australië se hoofstede. Dit is die kleinste en mees noordelike van Australië se hoofstede en is die middelpunt van die bopuntstreek ("Top End").

Darwin het gegroei van 'n pionierspos en klein hawe na een van Australië se mees moderne en multikulturele stede. Sy nabyheid aan Asië maak dit 'n belangrike toegangspunt na lande soos Indonesië en Oos-Timor. Die Stuarthoofweg begin in Darwin en eindig in Port Augusta in Suid-Australië.

Die stad self is op 'n laerige heuwel gebou wat oor die hawe uitkyk. Die woonbuurtes strek oor 'n groot gebied van Lee Point in die noorde tot by Berrimah in die ooste – anderkant Berrimah gaan die Stuarthoofweg tot by Darwin se satellietstad, Palmerston en sy woonbuurte.

Die streek, soos die res van die bopunt, het 'n tropiese klimaat, met 'n natseisoen en 'n droëseisoen. Die reënval is baie swaar tydens die natseisoen en is welbekend vanweë sy skouspelagtige weerlig.[1]

Die stad is twee keer bykans van voor af herbou, die eerste keer as gevolg van die bombardement deur die Japannese tydens die Tweede Wêreldoorlog en daarna weer toe sikloon Tracy die stad in 1974 vernietig het. Om hierdie rede is Darwin een van Australië se mees moderne hoofstede.

  1. "Lightning Storms in the "Top End"". Australian Broadcasting Corporation (in Engels). Scribbly Gum. 10 Desember 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2010. Besoek op 27 Julie 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search