Debre Damo

Debre Damo in die noorde van Ethiopië

Debre Damo is 'n prominente tafelberg of amba (d.i. bergvesting) noordoos van Aksoem, aan die noordgrens van Ethiopië. Dit verwys ook na die kloosterkompleks op die bergplato wat volgens oorlewering reeds van die 6de eeu af bestaan. Dit is wes van Adigrat, in die Mehakelegnaw-sone van die Tigrai-landstreek geleë. Die bergplato vorm 'n trapesium van 1 km by 400 meter, op 'n hoogte van 2 216 meter bo seespieël.

Die antieke klooster op Debre Damo bevat die oudste staande kerkgebou in Ethiopië, en word beskou as die kern van die Ethiopiese kerk. Dit kan net deur mans besoek word, en is slegs bereikbaar deur met een van die gevlegte riemtoue teen die 15 meter-hoë krans uit te klim. Die klooster is bekend om hul versameling manuskripte, sommige nog in Ge'ez,[1] en die kerkgebou waarvan die oorspronklike boustyl behoue gebly het.

  1. Davey, Steve (2007). "Monks on a Cliff Top at Ethiopia's Debre Damo". Perceptive Travel (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2018. Besoek op 3 April 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search