Deon Opperman

Deon Opperman
Geboorte 15 Maart 1962
Uitenhage
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Skrywer, vervaardiger, akteur
Aktiewe jare 1984 – nou
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Deon Opperman (15 Maart 1962, Uitenhage-) is akteur en dramaturg, wat naas verskeie ander toekennings twee keer die Hertzogprys vir sy dramas ontvang. Hy lewer ook 'n beduidende bydrae tot die Afrikaanse televisie met reekse soos Hartland, Kruispad, Bloedbroers en Getroud met rugby.

Hy is 'n suksesvolle sakeman en is ook die stigter van die South African School of Film, Television and Drama (AFDA) in Milpark, Johannesburg, die teatertrust, die Independent Theatre Trust en Tanstaafl. Laasgenoemde sluit Packed House Productions (wat professionele opvoerings aanbied), eQ2 Corporate Services (’n korporatiewe konsultantbesigheid) en Bottom Line Entertainment (’n televisie-produksiehuis) in.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search