Diaspoor

Diaspoor
 
Formule AlO(OH) 
Onsuiwerhede Fe, Mn, Cr, Si 
Nickel-Strunz (10) 4.FD.10  
Kleur wit, bruin, kleurloos, ligte geel, pienk 
Glans glasagtig, pêrelagtig 
Kristalsisteem ortorombies[1] 
Ruimtegroep Pbnm 
Eenheidsel a = 4.4007(6) Å, b = 9.4253(13) Å, c = 2.8452(3) Å 
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Diaspoor is 'n mineraal met die chemiese formule AlO(OH). Saam met gibbsiet en boehmiet is hierdie mineraal 'n belangrike komponent van bauxiet, die erts waaruit aluminium verkry word.[2]

Diaspoor en boehmiet is allotrope van AlO(OH) en diaspoor is termodinamies gesien die stabiele en boehmiet die metastabiele fase. Die oorgang van boehmiet na diaspoor is nogtans uiters traag. Dit is moontlik om boehmiet in 1M NaOH in teenwoordigheid van diaspoor-saadjies om te set, maar dit duur ongeveer 35 dae.[3]

  1. "mindat 1285" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020.
  2. Bauxites Ida Valeton, Elsevier, 2010, ISBN 0-08-086967-X, ISBN 978-0-08-086967-4, Hoofstuk 2
  3. Materials Science and Engineering Serving Society R.P.H. Chang, R. Roy, M. Doyama, S. Somiya, Elsevier, 1998, ISBN 0-08-053587-9, ISBN 978-0-08-053587-6

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search