Die Stem van Suid-Afrika

Die Stem van Suid-Afrika uitgevoer deur die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie Simfonie-orkes
Die Stem van Suid-Afrika opgevoer by die Withuis
In dié huis, destyds die pastorie van die NG gemeente Simonstad, het ds. M.L. de Villiers Die Stem in 1921 getoonset
Dié gedenkplaat is in 1979 opgerig toe Die Stempastorie tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar is
Eerste blad van die bladmusiek van Die Stem soos dit verskyn in die FAK-Volksangbundel van 1937
Tweede blad van die bladmusiek van Die Stem soos dit verskyn in die FAK-Volksangbundel van 1937
“Die Stem van Suid-Afrika” en “Nkosi Sikelel' iAfrika” word deur ’n Amerikaanse militêre orkes in 1994 as deel van ’n amptelike staatsbesoek van die Suid-Afrikaanse president Nelson Mandela aan die Amerikaanse hoofstad Washington, D.C. saam opgevoer

Die Stem van Suid-Afrika, ook bekend as Die Stem, was vanaf 1957 tot 1994 die nasionale volkslied van Suid-Afrika. Vanaf 1994 tot 1997 is dit as een van twee volksliedere erken. Dit was ook die volkslied van Suidwes-Afrika onder Suid-Afrikaanse mandaat tot hulle onafhanklikheidswording in 1990, waarna Namibië, Land van die Dapper in 1991 as die volkslied aangeneem is.

Die Stem is in 1918 deur C.J. Langenhoven geskryf, en getoonset in 1921 deur ds. M.L. de Villiers, destydse leraar van die NG gemeente Simonstad. Dit is op 31 Mei 1928 die eerste keer in die openbaar gesing, toe die vlag van die Unie van Suid-Afrika die eerste keer amptelik gehys is. Die Suid-Afrikaanse regering het dit op 2 Mei 1957 as die amptelike nasionale volkslied verklaar.[1]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search