Die hobbit

Die hobbit (Engels: The Hobbit) is 'n fantasieboek vir kinders wat deur die Britse hoogleraar J.R.R. Tolkien geskryf is. Dit is in 1937 gepubliseer en ontvang beide 'n Carnegiemedalje-nominasie en 'n toekenning van die New York Herald Tribune vir beste jeugfiksie. Tot vandag toe is die boek gewild en word erken as klassieke kinderliteratuur. Die boek is in 2017 in Afrikaans gepubliseer.[1][2]

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2017. Besoek op 15 Februarie 2018.
  2. http://www.worldcat.org/title/hobbit-of-daarheen-en-weer-terug/oclc/995159288&referer=brief_results

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search