Dinosauriformes

Dinosauriformes
Tydperk:
Middel-Trias-Holoseen, 245–0 m. jaar gelede
Die skelet van Marasuchus, ’n vroeë lid van Dinosauriformes.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauromorpha
Klade: Dinosauriformes
(Novas, 1992)
Subgroepe

Marasuchus
Nyasasaurus
Saltopus
†Silesauridae
Dinosauria

Dinosauriformes is ’n klade Archosauria-reptiele wat die dinosourusse en hul naaste verwante insluit. Alle lede van Dinosauriformes word deur sekere eienskappe gekenmerk, soos kort voorpote en ’n gedeeltelike of volledige gat in die heuppotjie – wat tradisioneel gebruik is om dinosourusse te definieer. Die oudste bekende lid is Asilisaurus, wat sowat 245 miljoen jaar gelede bestaan het in die Anisium-tydsnede van die Middel-Trias.[1]

Die term "Dinosauriformes" is in 1992 gedefinieer deur F.E. Novas, wat dit gebruik het om die Herrerasauridae in te plaas omdat hy hulle nie as ware dinosourusse beskou het nie. Die meeste paleontoloë beskou egter sedert 1992 dié diere as ware dinosourusse, maar baie ander primitiewe, dinosourusagtige reptiele val binne die definisie van Dinosauriformes. Die klade val in die groter klade Dinosauromorpha.

  1. Nesbitt, S.J.; Sidor, C.A.; Irmis, R.B.; Angielczyk, K.D.; Smith, R.M.H.; Tsuji, L.M.A. (2010). "Ecologically distinct dinosaurian sister group shows early diversification of Ornithodira". Nature. 464 (7285): 95–98. doi:10.1038/nature08718. PMID 20203608.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search