Dinosourus

Dinosourusse
Tydperk: Laat TriasHoloseen
231.4–0 m. jaar gelede
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Dinosauria

(Owen, 1842)
Belangrike groepe
Dinosourusse
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauriformes
Klade: Dinosauria
(Owen, 1842)

Dinosourusse of dinosouriërs was langer as 160 miljoen jaar die oorheersende landdiere, van laat in die Trias-periode (ongeveer 230 miljoen jaar gelede) tot aan die einde van die Kryt-periode (ongeveer 65 miljoen jaar gelede), toe die meeste uitgesterf het tydens die Kryt-Paleogeen-uitwissing. Fossielrekords dui daarop dat voëls tydens die Jura-periode uit Theropoda-dinosourusse ontwikkel het en die meeste paleontoloë beskou hulle as die enigste dinosourus-klade wat tot vandag nog lewe.[1]

Dinosourusse is ’n groep diere wat baie van mekaar verskil. Paleontoloë het met behulp van fossiele wêreldwyd reeds meer as 500 afsonderlike genera geïdentifiseer[2] wat saam meer as 1 000 spesies bevat.[3] Sommige dinosourusse was herbivore, terwyl ander karnivore was. Sommige was tweevoetig, ander viervoetig en nog ander kon tussen hierdie twee posture wissel. Baie spesies het uitvoerige skeletveranderings ondergaan, soos benerige pantsers, horings of kruine. Alhoewel hulle oor die algemeen as groot diere bekend is, was baie dinosourusse so groot soos mense of selfs kleiner. Die meeste het neste gebou en eiers gelê.

Die naam "dinosourus" is vir die eerste keer in 1842 deur sir Richard Owen gebruik en is afgelei van die Griekse deinos en sauros, letterlik "vreeslike" of "wonderlike akkedis". In die eerste helfte van die 20ste eeu het wetenskaplikes geglo dinosourusse was stadige, dom, koudbloedige diere. Navorsing en ontdekkings sedert die 1970's dui egter daarop dat hulle aktiewe diere was met ’n verhoogde metabolisme wat verskeie aanpassings ondergaan het in sosiale interaksie.

Sedert die eerste dinosourusfossiel vroeg in die 19de eeu gevind is, is saamgestelde dinosourusskelette ’n gewilde trekpleister in museums dwarsoor die wêreld. Hulle het ’n plek in die wêreldkultuur en is gewild; as onderwerp in boeke en rolprente soos Jurassic Park of nuusitems wat dikwels in die media gedek word.

  1. Gauthier, Jacques; de Querioz, Kevin. "Feathered dinosaurs, flying dinosaurs, crown dinosaurs, and the name 'Aves'.". New Perspectives on the Origin and Early Evolution of Birds: Proceedings of the International Symposium in Honor of John H. Ostrom. Peabody Museum of Natural History, Yale University. ISBN 0-912532-57-2. {{cite book}}: |access-date= requires |url= (hulp); Onbekende parameter |chapterurl= geïgnoreer (hulp)
  2. Wang, S.C., and Dodson, P. (2006). "Estimating the Diversity of Dinosaurs". Proceedings of the National Academy of Sciences USA. 103 (37): 13601–13605. doi:10.1073/pnas.0606028103. PMID 16954187.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. Will the real dinosaurs stand up?, BBC, September 17, 2008

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search