Dionusos

Dionusos
Griekse god
’n Antieke Romeinse kopie van ’n Griekse beeld van Dionusos (2de eeu), Louvre
’n Antieke Romeinse kopie van ’n Griekse beeld
van Dionusos (2de eeu), Louvre
Naam Dionusos
God van Wyn, teater, druiwe, rituele waansin en religieuse ekstase
Simbool Bacchusstaf, druiwe,
luiperdvel
Ouers Zeus en Semele
Romeinse eweknie Bacchus, Liber

Dionusos of Dionusus (Grieks: Διόνυσος of Διώνυσος) is in die Griekse mitologie die god van wyn, teater, druiwe, rituele waansin en religieuse ekstase. Hy het later volgens sommige bronne een van die twaalf Olimpiese gode geword nadat Hestia haar plek afgestaan het.

Die geografiese oorsprong van sy kultus is onbekend, maar alle mites dui op ’n "buitelandse" oorsprong; hy is die tipiese god van die goddelike openbaring, "die god wat kom". Die naam "Dionusos" is ook van onsekere afkoms; die "nisos"-deel is moontlik nie-Grieks, maar die "dio"-deel word nog altyd met Zeus (genitief Dios) verbind. Sy eweknie in die Romeinse mitologie is Bacchus.

Dionusos is ook bekend as "Die Bevryder", die god wat ’n mens van sy normale self bevry – deur wyn, waansin en ekstase. Sy doel was om ’n einde te bring aan kommer.[1]

  1. www.perseus.tufts.edu

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search