Diplopoda

Duisendpoot
Tydperk: 428–0 m. jaar gelede
Laat Silurian tot Hede
'n Verskeidenheid duisendpote (nie volgens skaal)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Diplopoda

Hoewel duisendpote (klas Diplopoda) bekend is vir hulle groot aantal pote, het die langste duisendpoot slegs 200 paar pote, terwyl die meeste spesies van hierdie klas nog minder pote het. Die kleinste spesie van die duisendpote is slegs 2 mm lank, terwyl die langste duisendpoot sowat 300 mm lank kan word.

Duisendpote en honderdpote (Chilopoda) is voorheen saam in die klas Myriapoda geklassifiseer. AI wat hierdie twee diere egter gemeen het, is die feit dat albei wurmagtig is en baie pote het. Die duisendpote en honderdpote word tans in twee afsonderlike klasse, die Diplopoda en die Chilopoda geklassifiseer. Hierdie klasse behoort albei tot die phylum Arthropoda.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search