Djakarta

Djakarta

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Indonesië Indonesië
 Koördinate 6°12′S 106°49′O / 6.200°S 106.817°O / -6.200; 106.817
 Stigting
 Oppervlakte:  
 - Totaal 661,5 vk km
 Hoogte bo seevlak 8 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2020) 10 562 088
 - Bevolkingsdigtheid 15 907/vk km
 - Metropolitaanse gebied 33 430 285
 Tydsone UTC+7
 Goewerneur Anies Baswedan
 Amptelike webwerf jakarta.go.id

Djakarta is die hoofstad en grootste stad van Indonesië. Die oorspronklike naam van die stad is Sunda Kelapa (tot 1527). Die veldheer Fatahillah verower die stad in 1527 en die naam word Jayakarta (1527–1619). Batavia/Jakarta het van 'n klein hawe vinnig tot die grootste stad in Indonesië ontwikkel. Batavia is die naam wat die Indonesiese hoofstad in die Hollandse tydperk gedra het (1619–1942). Djakarta lê op die Java-eiland.

Djakarta is ook die ekonomiese en finansiële sentrum van Indonesië en 'n spesiale provinsie. In die Metropolitaanse Hoofstadgebied van Djakarta is onder andere Tangerang en Suid-Tangerang geleë.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search