Dobrinja Nikititsj

Dobrinja Nikititsj red Zabawa Poetjatitsjna van die draak Gorinitsj.

Dobrinja Nikititsj (Russies: Добры́ня Ники́тич) is ’n Slawiese folklore-held van Kiëf-Roes. Hy, Ilja Moeromets en Aljosja Popowitsj word beskou as die grootste van die legendariese bogatiri, of ridders, van Kiëf-Roes.

Dobrinja word in bilini, of epiese gedigte, uitgebeeld as ’n verslaner van drake – hy het glo onder meer die draak Gorinitsj doodgemaak. Hy was ’n musikant, skaakspeler, boogskutter en stoeier. Historici glo sy karakter het ontstaan uit die ware Slawiese leier Dobrinja, wat die leërs van Swjatoslaf die Grote aangevoer en sy seun Wladimir die Grote opgevoed het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search