Doc Immelman

Doc Immelman
Geboortenaam Daniel Ferdinand Immelman
Geboorte 23 April 1928
Goodwood, Kaapstad
Sterfte 9 Maart 2013
Windhoek
Nasionaliteit Suid-Afrika
Ouers Willem Hendrik Immelman en Maria Elizabeth Barnard
Bekende werke Die bul van Kashimbo, Kurt Mauser, Die buffeljagter
Huweliksmaat Rya
Kind(ers) Lorraine en Yvette
Webblad http://www.docimmelman.com/

Doc Immelman (23 April 19289 Maart 2013) was 'n Afrikaanse skrywer wat avontuurverhale geskryf het. Van sy bekendste werke is: Die bul van Kashimbo, Kurt Mauser en Die buffeljagter.

Sy noemnaam, "Doc" is te danke aan sy hoë voorkop en ooreenkoms met die karakter "Doc" in Walt Disney se rolprent, Snow White and the Seven Dwarfs.

Immelman se eerste boek is op 23-jarige ouderdom gepubliseer. Daarna het hy nog meer as 60 boeke geskryf, asook etlike artikels, kortverhale, gedigte en rubrieke.[1] Van sy boeke is ook vir skole voorgeskryf, waarvan die bekendste waarskynlik Die Tyd van die Klippe is. Twee van sy boeke is ook na Engelse vertaal

  1. Doc Immelman oorlede Geargiveer 25 Maart 2013 op Wayback Machine, Praag, 11 Maart 2013

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search