Dodeakker van Giza

Dodeakker van Giza
Die ses piramides in die Dodeakker van Giza.
Die ses piramides in die Dodeakker van Giza.
Koördinate 29°58′34″N 31°7′58″O / 29.97611°N 31.13278°O / 29.97611; 31.13278
Plaaslike naam  أهرامات الجيزة
Land Vlag van Egipte Egipte
Soort Dodeakker
Geskiedenis
Tydperk Vroegdinastiese Tydperk
tot Laat Tydperk
Unesco-wêrelderfenisgebied
Tipe Kultureel
Kriteria i, iii, vi
Verwysing 86
Streek† Arabiese State
Beskrywing* Memphis and its Necropolis – the Pyramid Fields from Giza to Dahshur
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Die Dodeakker van Giza (Arabies: أهرامات الجيزة) is ’n argeologiese terrein aan die Nylrivier sowat 9 km van Giza en 25 km suidwes van Kaïro, Egipte. Die kompleks van antieke monumente sluit in die drie piramides bekend as die Groot Piramides, die enorme beeldhouwerk bekend as die Groot Sfinks, verskeie begraafplase, ’n werkersdorp en ’n nywerheidskompleks.

Die piramides het tydens die Hellenistiese tydperk beroemd geword nadat Antipater van Sidon dit gelys het as een van die sewe wonders van die antieke wêreld. Dit is die oudste van dié wonders en die enigste een wat nog bestaan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search