Doeat

Die Boek van die Dooies wat op papirus geskryf is, beeld die "weeg van die hart" in die Doeat uit. Anoebis kan regs gesien word. Die uitbeelding van Osiris by die poort na die paradys dui daarop dat die papirus uit die laat tradisie van die mite kom.

Doeat was in die Egiptiese mitologie die onderwêreld, die ryk van die god Osiris en die blyplek van ander gode en bonatuurlike wesens. Dit was die streek waardeur die songod, Ra, snags van wes na oos reis. Dit was ook die plek waarheen mense se siele ná hul dood gegaan het om geoordeel te word.[1]

Wat ons vandag van die Doeat weet, kom hoofsaaklik uit begrafnistekste soos die Boek van Poorte, Boek van Grotte, Kistekste, Amdoeat en die Boek van die Dooies. Elkeen hiervan vervul ’n ander funksie en gee ’n ander perspektief op die Doeat, en hulle stem nie noodwendig ooreen nie. Die tekste verskil in ouderdom en oorsprong, en dit kan wees dat daar nooit ’n eenvormige vertolking van die Doeat was nie.[2]

  1. Faulkner, p. 143
  2. Taylor, p. 134

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search