Dolfyn

Dolfyn
Streepdolfyn
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Delphinidae

'n Dolfyn is 'n waterlewende soogdier, verwant aan die walvis en tornyn. Die naam ontspring van die ou-Griekse delphis wat beteken met 'n baarmoeder, met ander woorde 'n vis met 'n baarmoeder. 'n Groep dolfyne word 'n skool genoem.

Die woord dolfyn kan verskeie gegewe impliseer:

  1. Enige lid van die familie Delphinidae (seedolfyne),
  2. Enige lid van die families Delphinidae en Platanistoidea (see- en rivierdolfyne),
  3. Enige lid van die suborde Odontoceti (tandwalvisse wat bogenoemde families en sommige ander insluit),
  4. Dit kan ook gewoon gebruik word as 'n sinoniem vir die Indiese oseaan-stompneusdolfyn, die mees algemene en bekende spesie dolfyn.

Hierdie artikel verwys na die tweede betekenis.

Tornyne (die suborde Odontoceti, familie Phocoenidae) is dus nie dolfyne in hierdie betekenis nie. Aan die ander kant behoort die moordvis wel aan die familie en word hulle beskou as dolfyne, terwyl hulle gewoonlik as 'n soort walvis in die spreekstaal beskou word.

Daar bestaan 32 spesies in 17 genera, by verre die grootste familie van setaseë. In Suider-Afrika is daar 19 spesies opgeteken.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search