Domestikering en vervreemding

Domestikering en vervreemding is strategieë in vertaling in verband met die mate waarin vertalers ’n teks met die teikenkultuur laat ooreenstem. Domestikering is die strategie om ’n teks in groot mate met die kultuur van die taal waarin die vertaling gedoen word, te laat ooreenstem, wat tot die verlies van inligting uit die bronteks kan lei. Vervreemding is die strategie om inligting uit die bronteks te behou en behels dat konvensies van die teikentaal doelbewus gebreek word sodat die betekenis van die bronteks behou kan word.[1] Daar word al eeue lank oor hierdie strategieë gedebatteer, maar die eerste persoon wat dit in die hedendaagse sin geformuleer het, was Lawrence Venuti, wat hulle in 1995 in die gebied van vertaalstudies gebring het met sy boek The Translator's Invisibility: A History of Translation.[1][2] Venuti se innovering op hierdie gebied was sy beskouing dat die tweeledigheid tussen domestikering en vervreemding ideologies van aard is; hy beskou vervreemding as die etiese keuse vir vertalers.[1]

  1. 1,0 1,1 1,2 Gile, Daniel (2009).
  2. Venuti, Lawrence (1995).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search