Duif

Duif
'n Klipduif (Columba rupestris) in Pakistan
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Columbidae
Tipegenus
Columba
Linnaeus, 1758
Subfamilies
Sien artikel
      geografiese verspreiding van die duiffamilie en -orde

'n Duif is 'n voël wat aan die familie Columbidae en die orde van duifagtiges (Columbiformes) behoort — die familie omvat die hele orde.[1] Die familie bestaan uit sowat 316 spesies,[2] wat inheems is aan die Ou sowel as Nuwe Wêreld. Hul insluiting by die Columbimorphae-klade, en gevolglike verwantskap met sandpatryse en mesiete, dui wel op 'n Ouwêreldse oorsprong. Hul grootste spesiediversiteit is in die vogtige trope en subtrope.[2] Sedert die tyd van die ou Egiptenare is duiwe al makgemaak en benut om boodskappe wat aan hul pote vasgebind was te vervoer. Lank reeds word dié voëls deur tallose toegewyde vliegduifgeesdriftiges aangehou, en uit hierdie bronbevolking het meeste stadsduiwe ontstaan.[3] Hul wetenskaplike familie- en ordename is van "columba", die Latynse naam vir ‘n duif, afgelei.[4]

  1. Maclean, Gordon Lindsay; Newman, Kenneth; Lockwood, Geoff (1984). Roberts birds of South Africa (5de uitg.). Kaapstad: John Voelcker Bird Book Fund. p. 302. ISBN 0-620-07681X.
  2. 2,0 2,1 "Pigeons and Doves". encyclopedia.com. Besoek op 15 Februarie 2024.
  3. Die Suid-Afrikaanse voëlgids (4de uitgawe), John Sinclair en John Mendelsohn, 1987. p.14
  4. Jobling, James A.; Fowling, Richard (1991). A Dictionary of Scientific Bird Names. Oxford: Oxford University Press. p. 59. ISBN 0-19-854634-3.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search