Kenteken van die Duitse nasionale krieketspan | |||||||||||||
Konferensie | Duitse Krieketbond (DCB) | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Personeel | |||||||||||||
Kaptein | Venkatraman Ganesan | ||||||||||||
Afrigter | Atiq-uz-Zaman | ||||||||||||
Internasionale Krieketraad | |||||||||||||
IKR-status | Assosiaatlid (1991) | ||||||||||||
IKR-streek | EKR (Europa) | ||||||||||||
| |||||||||||||
Internasionale krieket | |||||||||||||
Eerste internasionale | 26 Mei 1989 t Denemarke in Kolding, Denemarke (as Wes-Duitsland) | ||||||||||||
Krieketwêreldbeker-verskynings | 0/13 | ||||||||||||
Kampioenetrofee-verskynings | 0/9 | ||||||||||||
Twintig20s | |||||||||||||
Eerste T20I | t België op Koninklike Brusselse Krieketklub, Waterloo; 11 Mei 2019 | ||||||||||||
Laaste T20I | t Kroasië op Bayer Uerdingen-krieketveld, Krefeld; 14 Julie 2024 | ||||||||||||
| |||||||||||||
T20I-wêreldbeker-verskynings | 0/9 | ||||||||||||
T20I-wêreldbeker- kwalifiserings | 2 (eerste in 2022) | ||||||||||||
Beste uitslag | 5de plek (in 2023) | ||||||||||||
|
Die Duitse nasionale krieketspan (Duits: Deutsche Cricket-Nationalmannschaft) is die nasionale krieketspan wat Duitsland in internasionale krieket verteenwoordig. Hulle word bestuur deur die Duitse Krieketbond (DCB, van Duits: Deutscher Cricket Bund) en het in 1991 ’n geaffilieerde en in 1999 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword.[4][5] Die nasionale span het sy internasionale verskyning in 1989 as Wes-Duitsland teen Denemarke gemaak.[6] Sedertdien het hulle gereeld aan Europese Krieketkampioenskapstoernooie deelgeneem en ook twee keer aan die Wêreldkrieketliga se laer afdelings.[7] In 2001 het Duitsland vir die eerste en enigste keer ook aan die IKR-trofee deelgeneem (nou die Krieketwêreldbekerkwalifisering).[8] In 2022 het hulle vir die eerste keer aan die T20I-wêreldbekerkwalifisering deelgeneem.[9]
In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Duitsland ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[10] Duitsland is tans (Julie 2024) 35ste op die Twintig20-wêreldranglys.[11]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search