Duitse nasionale rugbyspan

Duitsland
Unie Duitse Rugbybond (DRV)
Bynaam(e) Schwarze Adler (“swart arende”)
Embleem Bondsarend
Afrigter(s) Mark Kuhlmann (sedert 2020)
Kaptein(s) Jörn Schröder
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Alexander Widiker (59)[1]
Meeste punte Raynor Parkinson (338)[2]
Meeste drieë Jaco Otto (25)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Frankryk Frankryk 30–5 Duitsland Vlag van Republiek van Weimar
(Parys, Frankryk; 17 April 1927)
Grootste oorwinning
Vlag van Serwië en Montenegro Serwië en Montenegro 0–108 Duitsland Vlag van Duitsland
(Heidelberg, Duitsland; 12 November 2005)
Grootste nederlaag
Vlag van Rusland Rusland 89–6 Duitsland Vlag van Duitsland
(Krasnodar; Rusland; 16 April 2000)
Unie webwerf
www.rugbydeutschland.org

Die Duitse nasionale rugbyspan (Duits: Deutsche Rugby-Union-Nationalmannschaft) is die nasionale rugbyspan wat Duitsland in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Duitsland geadministreer deur die Duitse Rugbybond (Duits: Deutscher Rugby-Verband, DRV) wat in 1900 gestig is. Hulle dra die bynaam “swart arende” (Schwarze Adler), ontleen aan die wapendier van die land, die Bondsarend. Duitsland word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Duitse rugbyspan is tans (Maart 2024) 32ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]

Duitsland is reeds op die Olimpiese Somerspele 1900 in Parys deur die SC Frankfurt 1880 verteenwoordig en het die silwermedalje met Groot-Brittanje gedeel. Die span het in 1927 sy eerste internasionale wedstryd teen Frankryk gespeel. In 1934 was Duitsland een van die stigtingslede van die Fédération internationale de rugby amateur (FIRA, nou Rugby Europa) wat as mededinger tot die destydse eksklusiewe, Angel-Saksies oorheersde Internasionale Rugbyraad (IRR, nou Wêreldrugby) gestig is.[5] Duitsland speel die meeste van sy toetswedstryde tydens die Europese Rugbykampioenskap, waar hulle met ander opkomende rugbyspanne meeding. Die nasionale span se beste prestasies tot dusver is die derde plek in onderskeidelik 1952 en 2018. Duitsland kon tot dusver nog nie vir ’n rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie.

Van 1951 tot 1990 het die Duitse Demokratiese Republiek oor sy eie nasionale rugbyspan beskik; albei spanne het egter nooit ontmoet nie.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 21 Maart 2023.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 21 Maart 2023.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 21 Maart 2023.
  4. (en) "World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 19 Maart 2024.
  5. (en) "Historical Rugby Milestones 1930s". Rugby Football History. Besoek op 19 Maart 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search