Eiland Wight

Eiland Wight

Vlag

Wapen

Ligging in Engeland
Seremoniële graafskap Eiland Wight
Hoofstad Newport
Oppervlakte 384 km²
Bevolking 138 400 (2011)
Bevolkingsdigtheid 364 inw./km²
Administratiewe (nie-metropolitaanse) graafskap
Streek Eiland Wight
Administratiewe setel Newport
ISO 3166-2: GB-IOW
Oppervlakte 380,2 km²
Bevolking 138 400 (2011)
Bevolkingsdigtheid 364 inw./km²
Webtuiste www.iwight.com
Distrikte en Unitêre owerhede
Geen
Lugfoto van die Eiland Wight.

Die Eiland Wight (Engels: Isle of Wight) is ’n Engelse Kanaaleiland en graafskap sowat 8 km van die suidkus van die vasteland. Dit word van die vasteland geskei deur ’n seestraat genaam die Solent. Die eiland is sedert die Victoriaanse tydperk gewild as vakansiebestemming. Dit is bekend vir sy natuurskoon en seiljagvaart.

Die eiland het ’n ryk geskiedenis, onder andere ’n kort tydperk as ’n onafhanklike koninkryk in die 15de eeu. Dit was die tuiste van die digter Alfred lord Tennyson, en koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk het haar geliefde somerwoning, Osborne House, daar laat bou. Sy is op 22 Januarie 1901 daar oorlede.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search