Eitemal

Eitemal, oftewel prof. dr. W.J. Du P. Erlank.
Eitemal het in 1945 ingestaan as model vir die gewonde voortrekker op die marmerfries van die Voortrekkermonument.[1]

Eitemal (* 22 Junie 1901, Wolmaransstad – † 24 Junie 1984, Stellenbosch[2]) is 'n nom de plume vir Wilhelm Jacobus du Plooy Erlank, 'n Afrikaanse skrywer, digter, redenaar en vertaler. Hy was ’n professor in Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch en kultuurattaché van die Suid-Afrikaanse ambassade in Nederland.[3] Hy is ook die skrywer van ’n gedig wat later aangepas en getoonset is om die bekende volkslied, Lied van Jong Suid-Afrika te vorm. Die woorde van die lied lui: "En hoor jy die magtige dreuning? Oor die veld kom dit wyd gesweef, die lied van 'n volk se ontwaking, wat harte laat sidder en beef."

  1. Rademeyer, Alet (25 Oktober 2012). "'Klipouma' kon jas, skoene koop". Beeld. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2012. Besoek op 26 Oktober 2012.
  2. Geni: http://www.geni.com/people/Willem-Jacobus-du-Plooy-Erlank/6000000030028907546
  3. Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Erlank,_Willem_Jacobus_du_Plooy

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search