Elize Botha

Elize Botha
Prof. Elize Botha
Prof. Elize Botha
Gebore
Elizabeth Lindes

19 November 1930
Sterf16 November 2007
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepAkademikus
Literêre kritikus
TitelProfessor
EggenootProf Johan Botha
KindersFrederik, Maria en Liesbeth

Professor Elize Botha (1930–2007, née Elizabeth Lindes) was 'n gerespekteerde Suid-Afrikaanse akademikus en literêre kritikus.[1] Sy was onder meer hoofbestuurslid van die Afrikaanse Skrywerskring en redakteur van die Afrikaanse Tydskrif vir letterkunde. In 1982 is die Gustav Preller-medalje vir Literatuurwetenskap en Kritiek (die eerste keer aan ’n vrou) aan haar toegeken, en in 1989 ontvang sy die Orde vir Voortreflike Diens (silwer). Sy was die eerste vrou in die direksie van die mediareus Naspers (1988), die eerste vrouekanselier van die Universiteit Stellenbosch (1998) en die eerste vrouevoorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (1989). In 2001 ontvang sy die ATKV se Prestigetoekenning vir haar bydrae tot die Afrikaanse prosa, prosateorie en vir haar rol in die bewaring en instandhouding van die Afrikaanse kultuurskat. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het haar in 2004 'n erelid gemaak. Die Afrikaanse skrywer en akademikus Marlene van Niekerk het haar die "Die Elwekoningin van die Afrikaanse Letterkunde" genoem.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search