Ellispark-stadion

Ellispark-stadion

Volle naam Ellispark-stadion
Ligging Hoek van Currey- en Staibstrate, Doornfontein, Johannesburg
Koördinate 26°11′51.07″S 28°3′38.76″O / 26.1975194°S 28.0607667°O / -26.1975194; 28.0607667
Eienaar Stad Johannesburg
Operateur Ellis Park World of Sport
Kapasiteit 62 567 (sokker en rugby)
55 686 (FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010)
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit 1927
Geopen 1928
Renovasie 2009
Uitgebrei 2009
Boukoste £5 000 (1927)
R40 miljoen (2009)
Huurders
Goue Leeus
Lions
Springbokke
Orlando Pirates FC

Ellispark-stadion (tans bekend as Emirates Airline Park weens borgskapredes) is ’n stadion wat in Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika, geleë is. Die Rugbywêreldbeker 1995-eindstryd, waar die Springbokke geseëvier het, het hier plaasgevind. Dié groot stadion was die land se modernste toe dit in 1982 opgegradeer is om vir bykans 60 000 toeskouers voorsiening te maak. Vandag word beide sokker- en rugbywedstryde daar gespeel en word dit ook gebruik vir ander groot geleenthede, soos onder andere opelugkonserte en geloofsbyeenkomste. Die enigste tyd wat daar nie rugby gespeel is op die veld nie, was tydens die 1980- en 1981-seisoene toe die stadion opgegradeer is.

Lugbeeld van die Ellispark-stadion

Die stadion is genoem na mnr. J.D. Ellis wat die grond vir die bou van die stadion beskikbaar gestel het.

Liga-, provinsiale en internasionale rugbywedstryde is al in die stadion gespeel. Bekende sokkerspanne soos Manchester United en Arsenal F.C. het al hier sokkerwedstryde gespeel. Ellispark-stadion is die middelpunt van ’n sportsentrum in die suidooste van Johannesburg waar dit begrens word deur die Johannesburgstadion (atletiek), die Standard Bankstadion (tennis) en ’n Olimpiese-standaard swembad.

Ellispark-stadion is die tuisveld van die volgende spanne:

Krieketwedstryde het ook al in die stadion plaasgevind in die verlede. Ses toetswedstryde het tussen 1948 en 1954 daar plaasgevind, maar dit is nie weer vir eersterangse krieket gebruik sedert die opening van die Wanderersstadion in 1956 nie, en word tans slegs vir rugby en sokker gebruik.

In 1889 is die Transvaalse Rugby Voetbalunie gestig (nou bekend as die Goue Leeus). Hul eerste wedstryde is by die Wanderersklub gespeel wie se gronde toe nog nabygeleë was (waar die Johannesburg Parkstasie vandag is).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search