Endotermies (biologie)

Endotermies of endoterm (van die Griekse ἔνδον endon, "binne-in", en θέρμη thermē, "hitte") in biologie dui op ’n organisme wat sy liggaam by ’n metabolies gunstige temperatuur hou deur veral die gebruik van hitte wat deur sy interne liggaamsfunksies vrygestel word, in plaas daarvan om op hitte uit die omgewing staat te maak. Die intern opgewekte hitte is hoofsaaklik ’n toevallige gevolg van die dier se metabolisme, maar in toestande van uiterse koue of min aktiwiteit kan ’n endotermiese dier spesiale meganismes gebruik om hitte op te wek, soos om sekere spiere in te span of te bewe.

Net voëls en soogdiere is tans bestaande endotermiese groepe diere. Sekere haaie, tuna en marlyn is ook endotermies.

In algemene taalgebruik kom die term "warmbloedig" dikwels voor. Die teenoorgestelde van endotermies is eksotermies ("koudbloedig"), hoewel daar oor die algemeen geen volstrekte of duidelike skeiding is tussen die aard van endo- en eksotermiese diere nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search