Engeland

Hierdie artikel handel oor die huidige land binne die Verenigde Koninkryk. Vir die historiese koninkryk, sien Koninkryk van Engeland.
Engeland
England (Engels)
Vlag van Engeland Wapen van Engeland
Vlag Wapen
Volkslied: verskeie
Hoofsaaklik: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")
Ligging van Engeland
Hoofstad Londen

51°30′N 0°7′W / 51.500°N 0.117°W / 51.500; -0.117

Grootste stad Londen
Amptelike tale Engels
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
Keir Starmer
Onafhanklikheid
Vorming
• Vereniging deur Athelstan
• Normandiese verowering
Unie met Wallis
• Unie van die Krone
• Glorieryke rewolusie
Unie met Skotland


10de eeu (tradisioneel 927)
10661088
15351542
24 Maart 1603
11 Desember 1688
1 Mei 1707
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
130 310[1] km2  (1ste (VK))
50 310 myl2
Bevolking
 - 2022-skatting
 - 2021-sensus
 - Digtheid
 
57 106 398[2] (1ste (VK))
56 490 048[3]
438 / km2 (1ste (VK))
1 134,4 / myl2
BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

£2,162 biljoen[4] (1ste (VK))
£37 852 (1ste (VK))

Geldeenheid Pond sterling (£) (GBP)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
BST (UTC+1)
Internet-TLD .uk, .gb
Skakelkode +44
Beskermheilige: Sint Joris
Nasionale blom: Tudorroos

Engeland (Engels: England) is die grootste en bevolkingsrykste van die vier nasies wat saam die Verenigde Koninkryk vorm. Dit word in die noorde deur Skotland en in die weste deur Wallis begrens. Die Noordsee is oos, die Ierse See noordwes en die Keltiese See suidwes van Engeland geleë. Die Noordsee in die ooste en die Engelse Kanaal in die suide skei Engeland van die Europese vasteland.

Die kranse van Dover

Engeland beslaan die sentrale en suidelike dele van die Noord-Atlantiese eiland Groot-Brittanje. Meer as 100 kleiner eilande maak daarnaas deel uit van Engeland, waaronder die Scilly-eilande en die Eiland Wight.

Menslike gemeenskappe het hulle al in die Jongsteentydperk in die gebied gevestig wat tans as Engeland bekend staan, maar dit was die Angele, een van die Germaanse stamme wat hulle in die 5de en 6de eeu op die eiland gevestig het, wat hul naam aan die land verleen het. In 927 is die verskillende klein koninkryke in 'n gemeenskaplike Engelse Ryk verenig.

Vanaf die groot ontdekkingstydperk in die 15de eeu het Engeland beduidende kulturele, regtelike, ekonomiese en uiteindelik ook taalkundige invloed op ander wêrelddele uitgeoefen. Die Engelse regstelsel is net soos die Anglikaanse Kerk en die Engelse taal in ander lande oorgeneem, terwyl die Engelse parlementêre regeringstelsel as voorbeeld vir staatkundige bedelings in ander lande gedien het. Engeland was in die 18de eeu ook die bakermat van die nywerheidsomwenteling wat van hier na ander Europese en uiteindelik ook oorsese lande uitgebrei het en van Engeland die eerste nywerheidsland ter wêreld gemaak het.

Leidende Engelse nywerheidstede soos Manchester, Birmingham en Liverpool het grondstowwe, wat uit alle hoeke van die wêreld na Engeland ingevoer is, tot goedere verwerk wat wêreldwyd bemark is, terwyl Londen as hoofstad en regeringsetel tot een van die wêreld se voorste metropole en die politieke, ekonomiese en kulturele spilpunt van die Britse Ryk ontwikkel het. Vandag beslaan die metropolitaanse gebied van Groter Londen groot dele van Suidoos-Engeland en speel steeds 'n eersterangse ekonomiese rol as die finansiële spilpunt van Europa en as die sentrum van innovasie op 'n verskeidenheid terreine – veral populêre kultuur.

  1. (en) "Standard Area Measurements for Administrative Areas (December 2023) in the UK". Kantoor vir Nasionale Statistieke. 24 April 2024. Besoek op 5 Julie 2024.
  2. (en) "Estimates of the population for the UK, England, Wales, Scotland, and Northern Ireland". Kantoor vir Nasionale Statistieke. 21 Desember 2022. Besoek op 5 Julie 2024.
  3. (en) "Population and household estimates, England and Wales: Census 2021, unrounded data". Kantoor vir Nasionale Statistieke. Besoek op 5 Julie 2024.
  4. (en) "Regional gross domestic product: all ITL regions". Kantoor vir Nasionale Statistieke. Besoek op 5 Julie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search