Epidemie

‘n Epidemie is ‘n aansteeklike siekte waaraan ‘n groot groep mense tegelykertyd ly. Dit word versprei deur besmetting. Bekende voorbeelde van siektes wat as ‘n epidemie kan voorkom, is pokke, cholera, griep, masels, kinkhoes en skarlakenkoors. ‘n Epidemie is endemies wanneer dit slegs op ‘n beperkte gebied heers. ‘n Wydverspreide epidemie wat oor verskeie lande en dalk kontinente versprei is, is ‘n pandemie. Die Swart Dood van die laat Middeleeue en die Spaanse griep van 1918 was pandemies. Epidemies kom teenswoordig minder dikwels voor weens verbeterde higiëniese toestande en voorkomingsmaatreëls.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search