Erdeware

Geverf, ingekerfde en geglasuurde erdewerk. Dateer uit die 10de eeu, Iran. New York se Metropolitaanse Museum van Kuns.
Boonste gedeelte van 'n waterbeker of habb. Erdewerk. Laat 12de-vroeë 13de eeu Irak of Sirië. Brooklyn Museum.[1]

Erdeware is geglasuurde of ongeglasuurde nie-glasagtige pottebakkery[2] wat normaalweg gebak word teen 'n temperatuur van onder 1 200 °C.[3] Porselein en steengoed word albei teen hoë temperature gebak tot dit glasagtig word.

Meeste van die Europese pottebakkery en boustene, tot en met die 17de eeu, het uit erdeware bestaan, asook meeste van die ware van Egipte, Persië, die Nabye Ooste, Griekeland, Rome en die Middellandse See, en 'n paar van die Chinese ware; die fyn erdewerk wat deel vorm van die groter deel van ons eetgerei in 1962.[4] Putvuur erdeware dateer terug na so vroeg as 29 000 - 25 000 v.C. en vir duisende jare was slegs erdeware pottebakkery gemaak, met steengoed wat geleidelik oor 5 000 jaar ontwikkel het. Buite Oos-Asië was porselein vanaf die 18de eeu n.C., en was aanvanklik 'n duur luukse item.

Nadat dit in vuur gebak is, is die erdewerk ondeursigtig en nie-glasagtig,[5] sag en kan met 'n mes gekrap word.[4] Dit is geselekteerde kleisoorte, soms met veldspaat gemeng en wisselende hoeveelhede van ander minerale van ligte kleure.

  1. "Brooklyn Museum". www.brooklynmuseum.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2018. Besoek op 30 April 2018.
  2. ASTM C242 – 15. Standard Terminology Of Ceramic Whitewares And Related Products
  3. "Art & Architecture Thesaurus Full Record Display (Getty Research)". www.getty.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2017. Besoek op 30 April 2018.
  4. 4,0 4,1 Dora Billington, The Technique of Pottery, London: B.T.Batsford, 1962
  5. Combined Nomenclature of the European Union Published by the EC Commission in Luxembourg, 1987

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search