Eric Rosenthal

Eric Rosenthal
Gebore10 Julie 1905
Sterf1983
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
BeroepSkrywer, historikus
EggenootJenny Bradley
Ensiklopedie van Suidelike Afrika

Eric Rosenthal (10 Julie 1905, Nuweland, Kaapstad1983) was 'n Suid-Afrikaanse historikus en outeur. Hy het sy graad in die regte verwerf aan die Universiteit van die Witwatersrand en word 'n prokureur. Hy word later 'n joernalis en outeur van korporatiewe geskiedenis.

Hy was lid van die Three Wise Men op Springbokradio se vasvraprogram Test the Team. Hy was die oudste van twee kinders. Sy ouers was Richard Rosenthal en Hedwig de Beer. Hy het gedurende sy skoolloopbaan onder andere Parktown Preparatory School in Johannesburg en St. John's College bygewoon. Rosenthal trou op 18 Desember 1934 met Jenny Bradley in Westcliff, Johannesburg. Ná sy aftrede vestig hy hom in Vishoek naby Kaapstad.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search