Eriekanaal

Die Eriekanaal as kunsmotief: Edward Lamson Henry se Nearing the Bend
Potlood en waterwerf, omstreeks 1900. Albany Institute of History & Art

Die Eriekanaal is 'n kanaal van 584 km in die Amerikaanse deelstaat New York. Dit verbind die Eriemeer met die Hudsonrivier. Die kanaal is 46 m wyd en 3,6m diep. Daar is altesaam 34 kanaalsluise in die kanaal. Konstruksie het begin op 4 Julie 1817 en die kanaal is voltooi op 26 Oktober 1825.[1]

Die kanaalprojek is in die tweede en derde kwart van die 19de eeu as 'n ongekende ingenieursprestasie gevier wat ikoniese status behaal en ingang gevind het tot die kulturele lewe van destydse Amerika. As gewilde kunsmotief het die kanaal borde, tee- en koffiekoppies, skottels en bakke, muurpapier en klere versier. Vir sommige Amerikaners was dit selfs 'n simbool vir die ewigheid - een van die werkers, wat by die kanaalbou betrokke was, het sy grafsteen met die afbeelding van een van die kanaal se akwedukte laat versier.[2]

  1. Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 9, bl. 290
  2. Janey Levy: The Erie Canal. A Primary Source of the Canal that Changed America. New York, NY: The Rosen Publishing Group, Inc. 2003, bl. 25

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search