Esoterie

Die boom van die lewe soos dit in kabbala voorkom en wat die Sefirot bevat.

Esoterie, of Westerse esoterie, is ’n term vir ’n wye verskeidenheid losweg samehangende idees en bewegings wat in die Westerse gemeenskap ontwikkel het. Hulle word verbind deur die feit dat hulle in ’n groot mate onderskei kan word van die rasionalisme van die ortodokse godsdiens en die Verligting. Esoterie kom voor in verskeie vorme van Westerse filosofie, godsdiens, pseudowetenskap, kuns, letterkunde en musiek, en dit beïnvloed steeds intellektuele idees en die popkultuur. Die woord is afgelei van die Griekse esoterikos, wat "innerlik", "verborge" en "geheim" beteken.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search