Esposizione Universale di Roma

Q. XXXII Europa

EUR
Stadskwartier
Paleis van die Italiaanse beskawing (Palazzo della Civiltà Italiana)
Paleis van die Italiaanse beskawing
(Palazzo della Civiltà Italiana)
Q. XXXII Europa is in Italië
Q. XXXII Europa
Q. XXXII Europa
Koördinate: 41°49′52″N 12°28′10″O / 41.83111°N 12.46944°O / 41.83111; 12.46944
LandVlag van Italië Italië
Streek Latium
ProvinsieMetropolitane Stad Rome
Administratiewe distrikMunicipio Roma IX
Stigting1938
Oppervlak
 • Totaal4,7382 km2 (1,8 294 vk. myl)
Hoogte
0,19 m (,63,83 ft)
Bevolking
 • Totaal9 416
 • Digtheid1 987/km2 (5 150/vk. myl)
TydsoneUTC+1 (MET)
 • SomertydUTC+2 (MEST)

Esposizione Universale di Roma, kort EUR of Eur [ɛ:ur], Afrikaans: Wêreldtentoonstelling te Rome, is die naam van 'n nuwe stadskwartier wat tydens die fascistiese bewind in Italië vanaf 1938 in die suide van die hoofstad Rome ontstaan het. Hier sou volgens die plan van Italië se destydse leier of duce Benito Mussolini die wêreldtentoonstelling van 1942 as 'n «Olimpiade van Beskawings» (Olimpiade delle Civiltà) gehou word - onder meer om Italië se vooruitgang onder 'n fascistiese regering aan die wêreld te wys.

Amptelik is na die projek verwys as E42 (Esposizione 1942). Die wêreldtentoonstelling, wat oorspronklik in 1941 gehou sou word (maar uiteindelik weens Italië se toetreding tot die Tweede Wêreldoorlog gekanselleer is), is volgens Mussolini se wens na die volgende jaar verskuif om saam te val met die 20-jaarfees van sy fascistiese bewind. EUR het daarnaas deel uitgemaak van die fascistiese stadsbeplanning vir Rome waarvolgens die beboude stadsgebied in suidwestelike rigting en kuswaarts uitgebrei sou word, waarby EUR as nuwe moderne middestad sou dien. Hierdie planne is nooit verwesenlik nie, en so het ook talle projekte in EUR onvoltooi gebly. Eers ná die oorlog is sommige van hulle hervat en voltooi - naas 'n verskeidenheid naoorlogse geboue.

Sedert 1961 vorm EUR een van Rome se 35 stadskwartiere, as die Q. XXXII Europa, geleë in die 9de administratiewe distrik (Municipio Roma IX) waar dit baie funksies van 'n moderne sakekwartier vervul. Die beskikbaarheid van uitgestrekte onbeboude terreine maak van EUR 'n gewilde kwartier vir nuwe eiendomsontwikkelinge soos Eurosky, 'n moderne woonsteltoring met 28 verdiepings wat deur die argitek Franco Purini volgens die voorbeeld van Amerikaanse condominiums ontwerp is en in 2012 in Torrino, 'n woonkwartier wat aan EUR grens, voltooi is[1], en munisipale projekte soos Rome se nuwe Kongressentrum (Nuovo Centro Congressi di Roma / Rome Convention Center).

  1. Discover Eurosky Roma. Besoek op 12 April 2020

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search