Eugene Fodor (skrywer)

Eugene Fodor ([juːˈdʒiːn_ˈfoʊdər]; * 14 Oktober 1905; † 18 Februarie 1991) was 'n Hongaars-Amerikaanse skrywer en uitgewer van reisliteratuur van Hongaarse afkoms. Met sy konsep van jaarlikse opdaterings en die insluiting van belangrike inligting en interessante leesstof vir ervare en onervare reisigers - soos historiese en kulturele agtergronde - het Fodor baanbrekende werk in die reisgidsbedryf gelewer.[1]

  1. Encyclopædia Britannica: Eugene Fodor. Besoek op 14 Mei 2017

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search