Europese Rugbykampioenskap

Europese Rugbykampioenskap
2024–25 Europese Rugbykampioenskap
Sportsoort Rugby
Gestig 1936 (voorloper)
2016 (huidige toernooi)
Eienaar Wêreldrugby
Inwydingseisoen 1936
Deelnemende lande Europa
Aantal spanne 36
Mees onlangse kampioen Vlag van Georgië Georgië (2023–24)
Verwante kompetisies Sesnasies-toernooi

Die Europese Rugbykampioenskap is die Europese kampioenskap vir vlak twee en drie rugbyspelende lande.

Die kampioenskap is in sewe divisies verdeel met vier tot agt spanne in elke divisie. Die hoogste vlak word die Rugby Europa Internasionale Kampioenskap genoem en nieamptelik die Sesnasies B. Die divisies speel in tuis- en wegwedstryde op 'n tweejaarige siklus teen die ander spanne in hul divisie. Sedert 2009 word die wenner aangewys na aanleiding van ’n eenjarige ordening. Die huidige kampioen is Georgië wat die 2023–24-titel gewen het.

Sedert Italië se aansluiting by die Vyfnasies-toernooi in 2000 is daar geen promosie of relegasie tussen die Europese Rugbykampioenskap en die Sesnasies-toernooi nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search