FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021

FIFA Sokker-Konfederasiebeker
Toernooi-inligting
Datums N.v.t.
Spanne (van 0 konfederasies)
Stadions (in 0 stede)
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 0
Meeste punte N.v.t.
Beste speler N.v.t.
2017

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 sou oorspronklik in Katar aangebied word, nadat op 2 Desember 2010 die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 aan dié land toegewys is. Daar is egter kommer uitgespreek oor die hoë temperature in Katar gedurende die somer (wat ook daartoe gelei het dat die Sokker-Wêreldbekertoernooi van sy tradisionele Junie-Julie-skedule na November-Desember verskuif moes word).[1]

Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding sou word

Dienooreenkomstig het FIFA op 25 Februarie 2015 amptelik aangekondig dat die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 na 'n ander land van die Asiatiese Sokkerkonfederasie verskuif sal word, sodat dit gedurende die tradisionele Junie-Julie-venster 2021 gehou kan word, sonder om nasionale ligas te onderbreek. As kompensasie is die aanbieding van 'n ander FIFA-toernooi, dalk die FIFA-Klubwêreldbeker 2021, in November-Desember 2021 in Katar voorgestel as 'n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022.[2][3]

In Oktober 2017 het FIFA planne afgekondig om die Sokker-Konfederasiebeker teen 2021 af te skaf en dit met 'n vierjaarlikse 24-span FIFA-Klubwêreldbeker te vervang en laasgenoemde van Desember na Junie te skuif.[4] Op 15 Maart 2019 het FIFA amptelik aangekondig dat die Sokker-Konfederasiebeker geskrap en met die FIFA-Klubwêreldbeker vervang sal word.[5] Katar het wel die FIFA-Klubwêreldbeker in 2019 en 2020 in voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 aangebied.[6]

  1. (en) "FIFA Executive Committee confirms November/December event period for Qatar 2022". FIFA. 19 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2019. Besoek op 18 Maart 2019.
  2. (en) "FIFA strips Qatar of Confederations Cup". CBC/Radio-Canada. 26 Februarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Augustus 2018. Besoek op 18 Maart 2019.
  3. (en) "Late-November/late-December proposed for the 2022 FIFA World Cup". FIFA. 24 Februarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2019. Besoek op 18 Maart 2019.
  4. (en) "Expanded Club World Cup could replace Confederations Cup – Infantino". ESPNscrum. 28 Oktober 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2019. Besoek op 18 Maart 2019.
  5. (en) "FIFA Council votes for the introduction of a revamped FIFA Club World Cup". FIFA. 15 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 18 Maart 2019.
  6. (en) "FIFA Council appoints Qatar as host of the FIFA Club World Cup in 2019 and 2020". FIFA. 3 Junie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2019. Besoek op 3 Junie 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search