Fama Fraternitatis

Die eerste bladsy van die Fama Fraternitatis, 1614

Die Fama Fraternitatis word beskou as een van die brondokumente van die oorspronklike Orde van die Rosekruis. Die notaris Haselmeer het die bestaan van die manuskrip (moontlik) reeds in 1610 genotuleer, asook in 'n paragraaf in die Cassel uitgawe van 1614. Die dokument is in 1615 gepubliseer saam met twee ander brondokumente van die Orde van die Rosekruis. Die dokument nooi mense uit om hulle by die broederskap te skaar. Baie mense het gereageer op die uitnodiging maar geen rekord is beskikbaar van enige mense wat wel deel geword het van so 'n broederskap nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search