Francis Drake

Sir Francis Drake
Francis Drake

Sir Francis Drake in Buckland-abdy
16de eeu, olie op doek, deur Marcus Gheeraerts die jongere

Bynaam(e) El Draque (Spaans), Draco (Latyn, "die draak")
Geboortedatum ca 1540
Geboorteplek Tavistock, Devon, Engeland
Sterfdatum 28 Januarie 1596 (85 jaar oud)
Sterfplek Portobelo, Colón, Panama
Lojaliteit Vlag van Engeland Engeland
Diens/Tak Engelse Vloot
Jare in diens 1563–1596
Rang Vise-Admiraal
Poste beklee Golden Hind (voorheen bekend as Pelican)
Bonaventure
Revenge
Veldslae/oorloë Anglo–Spaanse Oorlog
Slag van Gravelines

Sir Francis Drake (circa 1540 - 28 Januarie 1596) was 'n Engelse Admiraal en ontdekkingsreisiger wat grootliks verantwoordelik is vir die tradisies van die Britse Vloot. Hy het veral bekend geword vir sy vaart om die wêreld.

Hy is gebore naby Tavistock, Devon as die seun van landbouer. Sy pa het later 'n priester geword in Londen. Dit is waar hy sy Protestantse sieninge gekry het wat hom gedryf het in sy gevegte teen die Spanjaarde. Die Drakes was familie van die ryker Hawkins-familie wat in Plymouth woonagtig was.

Na sy eerste tog oor die Atlantiese Oseaan was hy in bevel geplaas van 'n skip in die eskader van John Hawkins wat betrokke was in die slawehandel tussen Afrika en die Spaanse kolonies in die Wes-Indiese Eilande. Hierdie tog eindig in 'n tragedie toe die Spanjaarde die Engelse aanval by Veracruz aan die ooskus van Meksiko. Wraakgedagtes was Hawkins se dryfkrag toe hy as tesourier by die Britse Vloot begin werk het en Drake as privaat skeepseienaar begin werk het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search