Francois Krige

Francois Krige
Gebore 20 Julie 1913
Uniondale, Kaapprovinsie, Unie van Suid-Afrika
Sterf 19 Februarie 1994 (op 80)
Nasionaliteit Suid-Afrika
Veld Beeldhouwerk
Opleiding Michaelis-kunsskool, Akademie in Antwerpen
Werke Illustrasies in Sol y Sombra (Uys Krige) en Jaffie (Eitemal)
Beïnvloed deur H.V. Meyerowitz, Vasquez Diaz

Francois Krige (20 Julie 191319 Februarie 1994) was ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar. Hy is op Uniondale in die Klein-Karoo gebore. Hy was die seun van die Springboksenter Japie Krige en die skryfster Sannie Uys, en die broer van die digter Uys Krige. Krige het hom egter van die kalklig sowel as sy beroemde familie gedistansieer ten einde sy kuns in relatiewe isolasie te beoefen. Hy het ’n besonderse vaardigheid gehad om met die minimum lyn ’n vertolking te kon weergee, en is daarom veral bekend vir sy pen- en inktekeninge. Sy werk word gekenmerk deur eenvoud en ’n spesifieke aanvoeling vir die Suid-Afrikaanse werklikheid. Sy oeuvre omvat ’n wye verskeidenheid van onderwerpe, waaronder see- en visserstonele, landelike tonele, studies van die Maleierbuurt, stillewes, portrette en die dierelewe.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search