Frank Borman

Frank Borman
Gebore
Frank Frederick Borman, II

14 Maart 1928 (1928-03-14)
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepRuimtevaarder
vloot- en toetsvlieënier
Ouer(s)Edwin en Marjorie Borman

Frank Frederick Borman (* 14 Maart 1928 - 7 November 2023; Kolonel) was voor sy aftrede 'n vlieënier in die Amerikaanse Lugmag, lugvaartingenieur, toetsvlieënier en Nasa-ruimtevaarder. Hy het 'n 14-daguithourekord in die ruimte in Gemini 7 opgestel. Hy is bekend as die bevelvoerder van Apollo 8, die eerste missie wat om die Maan gevlieg het. Tesame met sy bemanning van Jim Lovell en William Anders was hulle die eerste van 24 mense wat om die Maan gevlieg het.

Hy was ook deel van die komitee wat die brand op Apollo 1 ondersoek het. Borman en sy twee bemanningslede is as Time se Persone van die Jaar vir 1968 aangewys ter erkenning vir hulle harde werk.

Nadat hy Nasa verlaat het, word hy die hoof- uitvoerende beampte van Eastern Air Lines, 'n pos wat hy beklee het van 1975 tot 1986. Hy is 'n ontvanger van die Congressional Space Medal of Honor.

Hy was ook deel van die span wat die Mosambiekse vliegtuigongeluk, waarin president Samora Machel gesterf het, ondersoek het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search