Frankies

Frankies is 'n versamelnaam vir die Wes-Germaanse tale en Frankiese dialekte, wat hulle historiese oorsprong in die ooste van die Frankiese Ryk het:

  1. Die Nederfrankiese taal met Nederlands, Afrikaans en hulle dialekte;
  2. Die tale en dialekte van die Wesmiddelduitse taal;
  3. Die Hoogduitse dialekte in die oorgangsgebied van die Middelduitse tot Opperduitse taalgebied.

Taalkundiges verskil oor die vraag of daar werklik sprake van 'n Frankiese taalfamilie kan wees, aangesien daar nog geen bewyse gelewer word dat die huidige Frankiese tale en dialekte taalhistories uit een gemeenskaplike Frankiese oorsprongstaal ontwikkel het. (Sien ook: Franke)


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search