Frederick Sleigh Roberts

Frederick Sleigh Roberts
Frederick Sleigh Roberts

Bynaam(e) Bobs
Geboortedatum 30 September 1832
Geboorteplek Cawnpore, Brits-Indië
Sterfdatum 14 November 1914 (82 jaar oud)
Sterfplek Saint-Omer, Frankryk
Lojaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Diens/Tak Britse leër
Jare in diens 1851–1904
Rang Veldmaarskalk
Eenheid Koninklike artillerie
Poste beklee Kuram veldkrag
Kaboel en Kandahar veldkragte
Goewerneur van Natal
Hoof-bevelvoerder van die Britse magte in Suid-Afrika
Hoof-Bevelvoerder in Madras
Hoof-Bevelvoerder, Indië
Hoof-Bevelvoerder, Ierland
Bevel van die Britse troepe in die Tweede Vryheidsoorlog
Hoof-Bevelvoerder van die magte
Veldslae/oorloë Indiese rebellie van 1857
  • Beleg van Delhi
  • Beleg van Lucknow

Umbeyla-veldtog
Britse ekspedisie na Abessinië

  • Slag van Magdala

Lushai-veldtog (1871–1872)
Tweede Anglo-Afghaanse Oorlog

  • Slag van Charasiab
  • Slag van Peiwar Kotal
  • Beleg van die Sherpur-inkwartiering
  • Slag van Kandahar

Tweede Vryheidsoorlog

Toekennings Victoria Cross
Knight of the Order of the Garter
Knight of the Order of St Patrick
Knight Grand Cross of the Order of the Bath
Member of the Order of Merit
Knight Grand Commander of the Order of the Star of India
Knight Grand Commander of the Order of the Indian Empire
Knight of the Order of St John

Frederick Sleigh Roberts (30 September 183214 November 1914) was 'n Britse soldaat wat in Cawnpore, Indië gebore is. In 1858, reeds op 25-jarige leeftyd, word die Victoriakruis aan hom toegeken na sy diens tydens die Indiese Opstand. In 1885 word hy tot opperbevelhebber van Indië bevorder. In 1895 word hy tot maarskalk bevorder en teen die einde van 1899 word hy bevelvoerder in Suid-Afrika tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Gedurende Oktober 1900 is hy terug na Engeland as opperbevelhebber van die Britse Leër. In Suid-Afrika word hy opgevolg deur Herbert Kitchener. Hy het baie moeite gedoen om waarskuwings te rig teen Duitse militarisme. Hy is in 1914 oorlede.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search