Freiburg im Breisgau

Freiburg im Breisgau

Kaart Wapen
Distrikte
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Baden-Württemberg
 Koördinate 47°59′43″N 7°51′11″O / 47.99528°N 7.85306°O / 47.99528; 7.85306
 Stigting 1091
 Stadstatus 1120
 Oppervlakte:  
 - Totaal 153,07 vk km
 Hoogte bo seevlak 278 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2016) 227 590
 - Bevolkingsdigtheid 1 487/vk km
 - Metropolitaanse gebied 630 000
 - Metropolregion 6 000 000
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Martin Horn
(onafhanklik)
 Amptelike Webwerf www.freiburg.de Geargiveer 26 September 2006 op Wayback Machine

Freiburg im Breisgau is 'n stad in die Duitse deelstaat van Baden-Württemberg, in die area van Breisgau op die westelike rand van die Swartwoud (Duits: Schwarzwald) naby die Switserse en Franse grense. Met 227 590 inwoners is Freiburg die mees suidelike van Duitsland se groot stede – en die sonnigste stad in die land. Freiburg is aan die Dreisamrivier en aan die voet van die Schlossberg geleë en word omring deur die Rosskopf- en Bromberg (Swartwoud) berge in die ooste, en die Schönberg-, Tuniberg- en Kaiserstuhlberge in die weste in die Rynvallei.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search