In fisika is daar vier fundamentele wisselwerkings, ook bekend as basiese natuurkragte. Alle kragte volg uit dié vier basiese wisselwerkings. Hulle is die swaartekrag- en die elektromagnetiese wisselwerking, wat aansienlike kragte oor ’n lang afstand produseer waarvan die uitwerking in die alledaagse lewe gesien kan word, en die sterk en die swak wisselwerking, wat kragte op subatomiese afstande produseer.
Sommige wetenskaplikes[1][2][3] glo daar bestaan dalk ’n vyfde krag, maar dit word nie algemeen aanvaar nie en is nog nie bewys nie.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search