Gabriel Marcel

Prins Bernhard skud die hand van die Franse filosoof Gabriel Marcel op 27 Oktober 1969

Gabriel Marcel (Parys, 7 Desember 1889 - aldaar, 8 Oktober 1973[1] ) was 'n Franse filosoof, een van die vooraanstaande Christelike eksistensialiste, musiekkritikus en skrywer van sowat 30 toneelstukke. Hy was van Joodse afkoms.

Hy was hoofsaaklik besorg oor die moderne stryd van die individu teen die tegnologiese verontmenslike samelewing. Alhoewel Marcel dikwels as die eerste Franse eksistensialis beskou word, het hy hom altyd van ander uitgesproke eksistensialiste soos Jean-Paul Sartre gedistansieër. Hy het self die term "filosofie van bestaan" verkies om sy werk en gedagtes op te som.

Marcel was nie oorspronklik 'n gelowige nie, maar het hom in 1929 op die ouderdom van 39 tot die Katolisisme bekeer en sou tot sy dood 'n verdediger van die geloof bly. Sy diepgaande godsdienstige oortuigings het later die wrywing met die Franse linkse intelligentsia veroorsaak.[2]

  1. Gabriel (-Honoré) Marcel, Stanford Encyclopedia of Philosophy deur Brian Treanor.
  2. "Gabriel Marcel creative existentialism". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2019. Besoek op 3 Junie 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search