Ganumedes (mitologie)

Ganumedes word op dié borsbeeld geïdentifiseer as ’n nie-Griekse Trojaan. Die beeld is ’n kopie van ’n Griekse model wat in 1784 ontdek is.

Ganumedes (Grieks: Γανυμήδης) was in die Griekse mitologie ’n goddelike held en Trojaanse prins, seun van Tros van Dardanië en Kallirroë. Hy was die aantreklikste sterflike, en daarom het Zeus in die vorm van ’n arend hom ontvoer om sy minnaar en skinker vir die gode op die berg Olimpus te word.

’n Maan van die planeet Jupiter, wat deur Galileo Galilei ontdek is, is na Ganumedes genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search