Gaugino

Die Standaardmodel van elementêre deeltjies.

’n Gaugino (van die Engelse woord gauge – "yk") is in deeltjiefisika die hipotetiese s-deeltjie van ’n ykveld, soos voorspel deur die ykteorie tesame met die teorie van supersimmetrie. Hulle is fermione.

In die minimale supersimmetriese uitbreiding van die Standaardmodel bestaan die volgende gaugino's:

  • Die gluino (die s-deeltjie van die gluon, dus met ’n kleurlading).
  • Die gravitino (die s-deeltjie van die graviton).
  • Die wino en zino (die s-deeltjie van die W- en Z-bosone van die SU(2)L-ykvelde).
  • Die bino (die s-deeltjie van die U(1)-ykveld).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search