Gazankulu

Gazankulu
Gazankulu Regering

1971 – 1994
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Volkslied: Hosi Katekisa Afrika
Ligging of Gazankulu
Ligging of Gazankulu
Ligging van Gazankulu in Suid-Afrika
Hoofstad Giyani
Taal/Tale Tsonga, Engels, Afrikaans
Regering Republiek
Wetgewer Parlement
Historiese tydperk Apartheid
 - Stigting 1971
 - Weer ingelyf in Suid-Afrika 27 April 1994
Oppervlakte
 - 1994 7 484 km2
2 890 sq mi
Bevolking
 - 1994 skatting 803 806 
     Digtheid 107,4 /km² 
278,2 /sq mi
Geldeenheid Suid-Afrikaanse Rand

Gazankulu was 'n semi-onafhanklike swart selfregerende gebied, ‘n voormalige Bantoestan (tuisland) in die noordooste van Suid-Afrika wat deur die Nasionale Party-regering geskep is.

Gazankulu was geleë in die noordooste van die voormalige Transvaalprovinsie. Die gebied het onder beheer van die Shangaan-Tsonga mense gekom nadat Soshangane, een van Shaka se generaals, noordwaarts gevlug het voor 1820 en sy eie koningkryk tussen Tsongas in Gazaland in Mosambiek gestig het. Na skermutselings met die Portugese in Mosambiek, het hy en sy volgelinge gevlug en in 1895 in die Zuid-Afrikaanse Republiek gevestig.

Gazankulu het bestaan uit vier areas wat aan die Nasionale Krugerwildtuin grens en gesamentlik ongeveer 760,000 hektaar beslaan het. Die area is tipies Laeveld met gematige winters en warm somers. Besproeiing uit die Letaba- en Sabieriviere het landbou laat gedy en koring, sisal, mielies en groente word in die gebied verbou.[1]

Die Nasionale Party-regering was die vernaamste finansierder van die Gazankuluregering. In 1962 kry die Shangaan Territoriale Gesag gestalte en die eerste wetgewende vergadering sit in 1971. Gazunkulu het 'n selfregerende gebied geword in 1973. 'n Hoofminister was die hoof van die uitvoerende gesag in Gazankulu bygestaan deur 'n kabinet van sewe lede. Die parlement, of wetgewende vergadering, het 68 lede gehad waarvan 26 hoofmanne outomaties “verkies” is, 16 deur die SA-regering aangewys is en 'n verdere 26 verkies is.

Ná die eerste demokratiese verkiesing van 1994 is Gazankulu heringelyf by die Republiek van Suid-Afrika, as deel van die huidige Limpopo- en Mpumalangaprovinsies.

  1. Sally Frankental; Owen Sichone (1 Januarie 2005). South Africa's Diverse Peoples: A Reference Sourcebook. ABC-CLIO. p. 187. ISBN 978-1-57607-674-3. Besoek op 18 September 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search