Gemmer

Gemmer
Kleurplaat vanuit Köhler's Medicinal Plants
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
Z. officinale
Binomiale naam
Zingiber officinale
Roscoe 1807

Gemmer of gemmerwortel is die risoom van die plant Zingiber officinale wat gebruik word as 'n lekkerny, medisyne of spesery. Dit verleen sy naam aan die familie Zingiberaceae. Ander noemenswaardige lede van hierdie plantfamilie is borrie, kardamom en galangal.

Gemmerverbouing het in China ontstaan en het sedertdien versprei na Indië, Suidoos-Asië, Oos-Afrika en die Karibiese Eilande. [1]

Die gemmer familie (Zingiberaceae) behoort saam met die piesangfamilie (Musaceae) tot die orde Zingeberales. Die wetenskaplike naam Zingiberaceae is afgelei van die Latynse woord zingiber, wat "gemmer" beteken. Die familie kom hoofsaaklik in die tropiese gebiede van Suidoos-Asië voor en bestaan uit ongeveer 50 genera met nagenoeg 1 500 spesies.

Die gemmerfamilie is eensaadlobbige plante met ondergrondse wortelstokke. Die blomme het slegs een meeldraad, wat die styI soos ʼn skede omring. Die stempel steek bo uit en die lip ontwikkel in die middel van die blom op die plek van die meeldrade. Die wortelstok van die gemmerplant (Zingiber officinale) word in suiker gekook om die gemmer te ekstraheer. Spesies van die genus Curcuma word ook ter wille van hulle wortelstokke gekweek. Speserye en medisyne word uit die wortels gemaak. Die spesie Curcuma domestica lewer 'n fyn meel waaruit kerrie berei word.

  1. "Spices: Exotic Flavors & Medicines: Ginger" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 8 Augustus 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search